MEFT: Gemeeskapsbewaring ‘n sukses
Die Namibiese omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda sê gemeenskapsbewaring is ‘n sukses. Hy sê vanaf 1990 tot 2021 het gemeenskaps-bewaring sowat 11,9 miljard Namibiese dollar tot Namibië se netto nasionale inkomste bygedra en 3 548 werksgeleenthede geskep. Muyunda sê bewaringsgebiede het totale kontant-inkomste en voordele vir landelike gemeenskappe van 91,7 miljoen dollar gegenereer. In 2021 het bewaringsjag ongeveer 26 miljoen dollar opgelewer, met ‘n vleiswaarde van sowat 3,3 ton wildsvleis ter waarde van ongeveer 9 miljoen dollar wat aan gemeenskappe uitgedeel is. Kosmos 94.1 Nuus het met Muyunda gepraat…