Huldeblyke vir Gloria Bosman

Huldeblyke stroom in na die dood van die Suid-Afrikaanse jazz-sangeres, Gloria Bosman. Die 50-jarige sangeres is na ‘n kort siekbed dood. Bosman het twee Suid-Afrikaanse musiektoekennings en elf benoemings ontvang. Die Suider-Afrikaanse Musiekregte-organisasie sê Bosman, wat ‘n raadslid was, het menslikheid, deernis en empatie met haar medekomponiste gehad. Haar vriend en musikant, Sipho ‘Hotstix’ Mabuse, sê hy is verpletter deur haar dood en bedank haar dat sy haar talent met die wêreld gedeel het.