Persepsie van geweld teen kinders op amper 50%

Die jongste Afrobarometer-peiling toon dat die persepsie van die voorkoms van kindermishandeling in Namibië op 47 persent vir stede bepaal is met 37 persent van respondente wat meen dit kom meer in landelike gebiede voor. Armer respondente is ook meer geneig om te glo dat kindermishandeling voorkom met 46 persent wat so sê teenoor 28 persent van welaf respondente. Die peiling toon ook dat die meerderheid, 58 persent meen dit is in orde om fisiese geweld of lyfstraf te gebruik om kinders te dissiplineer maar, 52 persent meen dat dit nie algemeen in hul gemeenskappe is nie. Stedelike inwoners is ook meer geneig, 52 persent, om fisiese geweld teen kinders aan te meld as landelike inwoners wat op 39 persent gemeet word.