Namibiese damme leër as verlede jaar dié tyd

Namibiese damme is tans gesamentlik 70,2 persent vol teenoor verlede jaar se 84,9 persent. Water word weer vanaf Saterdag van die Swakoppoort en Omatako-dam na die Von Bachdam gepomp. Die Swakoppoort se vlak staan op 77,4 persent en Von Bach op 29,2 persent. Die Von Bachdam was verlede jaar dieselfde tydperk 52,1 persent tydperk vol. Water word ook van die Otjiverodam na die Tilda Viljoendam by Gobabis oorgepomp, wat nou 38,3 persent vol is. Kommer heers oor die Hardapdam met ‘n verlies van 2,542 miljoen kubieke meter water met sy vlak tans op 42,6 persent. Verlede jaar hierdie tyd was die Hardapdam 71,7 persent vol.