Fratsbesering hou Maharaj op die bank, vir nou

Die Suid-Afrikaanse hotklou draaibouler Keshav Maharaj gaan lank uit die spel wees ná ‘n fratsbesering gister tydens die Proteas se 284-lopie oorwinning oor die Wes-Indiese Eilande in die tweede toets in Johannesburg . Krieket Suid-Afrika het aangekondig Maharaj het sy linker hakskeen-sening geskeur en besoek môre ‘n sjirurg. Suid-Afrika het die reeks 2-0 gewen. Maharaj sal die eendagreeks teen die Windies misloop, wat Donderdag in Oos-Londen begin.