WP, Haaie wen hulle Curriebekerwedstryde

Twee Curriebekerwedstryde is Saterdag gespeel. Die Westelike Provinsie het die Leeus maklik met 44-28 geklop in hulle wedstryd op Ellispark. Die speler van die wedstryd, die WP losskakel Kade Wolhuter, het uitstekend gespeel. Hy het geslaag met vyf doelskoppe en drie strafskoppe vir sy 19 punte. Die Haaie het op Kingspark die Griffons met 32-16 geklop. Die Griffons is terug in die Premier-afdeling en hulle het dadelik hulle merk gemaak. Die Haaie het in die tweede helfte gewys hoeveel krag hulle het en oortuigend gewen.