Geingob sê Swapo moet agter Netumbo staan, loof die ouderlinge

President Hage Geingob het pas die vergadering van die sentrale komitee van die Swapo-party vanoggend amptelik geopen. Die doel van die vergadering is die verkiesing van lede van die sekretariaat wat verskeie portefeuljes, soos inligting en kommunikasie, verdediging en ekonomie, insluit. Hy het weer gewaarsku oor faksies in die party en ‘n beroep op die partylede gedoen om agter kandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah te verenig.

En terwyl Swapo herhaaldelik onder skoot kom vir sy beleid om ouderlinge voor jong leiers plaas, het Geingob die teenwoordigheid van die ouderlinge gevier.