Nigerië stel vandag se staatsverkiesing uit

Die Nigeriese verkiesingskommissie het die staatsverkiesing wat vir vandag geskeduleer is, uitgestel, weens probleme met die digitale stemstelsel. Dit volg te midde van ‘n geskil oor die afgehandelde presidents-verkiesing. Die kommissie het die vertraging toegeskryf aan probleme met die herprogrammering van die digitale stemstelsel, nadat internasionale kritiek geopper is omdat dit nie soos beloof, na wense gefunksioneer het in die presidensiële verkiesing nie.