Visverwerkings-fabriek open op Walvisbaai

‘n Visverwerkings-aanleg van 70 miljoen Namibiese dollar is deur die Namibiese minister van visserye en mariene Hulpbronne, Derek Klazen, by Walvisbaai ingewy. Die fabriek is die tweede fabriek wat Merlus Cormorant Fishing in die hawedorp oprig. Die nuwe fabriek, wat meer as 200 mense in diens het, verwerk daagliks 10 000 metrieke ton stokvis. Die fabriek werk egter op halwe kapasiteit omdat dit nie genoeg kwotas het nie. Die maatskappy het ook sowat 34 miljoen Namibiese dollar in ‘n vistreiler belê om te verseker dat die nuwe fabriek vis het om te verwerk. Die maatskappy se totale indiensneming het tot 1 400 toegeneem met die toevoeging van ‘n tweede fabriek.