Skattejagter ontdek Middeleeuse munte met metaalverklikker

’n Nederlandse historikus het ’n unieke 1 000 jaar oue Middeleeuse skat gevind, bestaande uit vier goue oorbelle en 39 silwer munte, het die Nederlandse Nasionale Museum van Oudhede, die Rijksmuseum van Oudheden, aangekondig. Die 27-jarige Lorenzo Ruijter het gesê dat hy skattejag doen sedert hy tien jaar oud was. Hy het dié skat in 2021 in die noordelike stad Hoogwoud ontdek met behulp van ‘n metaalverklikker. Die museum het tyd nodig gehad om die juwele en munte skoon te maak, te ondersoek en te dateer en het bevind dat die munte teruggedateer kan word na ongeveer 1250, wat hulle laat aanvaar het dat die skat toe begrawe is.