Gauteng-begroting moedig nie beleggers aan nie

Die DA in Gauteng sê die begroting wat die LUR vir Finansies, Jacob Mamabolo, vir die 2023/2024-boekjaar ter tafel gelê het is vol leë verkiesingsbeloftes en toon ‘n gebrek aan dienslewering. Die begroting fokus veral op sleutelprioriteite soos die herstel van die staat se vermoë, die herstel en heropbou van die ekonomie en die herbouing en versterking van die stryd teen misdaad, vandalisme en wetteloosheid. Adriana Randall van die DA sê die begroting moedig nie beleggersvertroue aan nie: