De Klerk het blykbaar geen rede tot agterdog gehad nie

Die nou-omstrede prokureur wat steeds in Suid-Afrika wegkruip, Maren de Klerk, het blykbaar geglo dat die Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi, ‘n ekonomiese adviseur van President Hage Geingob was. Die inligting is vervat in ‘n verklaring deur Celeste Coetzee, ‘n direkteur van DHC Incorporated, De Klerk se regsfirma. In haar beëdigde verklaring maak sy spesifiek melding dat sy nie beskik het oor eerstehandse inligting oor die aangeleentheid nie, maar is instruksie deur De Klerk gegee om dit as volg te rapporteer. Volgens Coetzee sê De Klerk daar was geen rede om enigsins agterdogtig te wees nie omdat Sacky Shanghala ‘n hoë profiel amptenaar was en Hatuikulipi as ekonomiese adviseur voorgestel het. Hulle is volgens hom ook ingelig dat die kwessie konfidensieel is en dus, is dit so gehou. Verder in haar verklaring noem sy dat De Klerk sê hy was blykbaar ingelig dat President Hage Geingob bewus was van die proses en dat die fondse geskenk was vir Swapo se entiteite en diensverskaffers wat betrokke was by die party se veldtogte, en hy sê die maatskappy Celax is gestig nadat Shanghala volgens hom wat De Klerk is, daarvoor opdrag gegee het en De Klerk is as enigste direkteur aangestel om te verseker dat die transaksies konfidensieel bly. De Klerk word aan die Fishrot-sage gekoppel oor miljoene dollar wat deur sy regsfirma oorbetaal is aan Swapo-amptenare.