Georgië sal omstrede wetsontwerp onttrek

Georgië se regerende party, Georgian Dream, sê hulle gaan die wetsontwerp oor buitelandse agente ná massabetogings onttrek. Volgens dié wetsontwerp sou nie-regeringsorganisasies en die media wat meer as 20 persent van hulle befondsing van buitelandse bronne ontvang, as buitelandse agente moes registreer of groot boetes in die gesig staar. Duisende betogers het protes aangeteken teen die Russiese-styl-wetgewing. Dit is beskou as ‘n outoritêre verskuiwing en kon Tbilisi se pogings om by die Europese Unie aan te sluit, in die wiele ry.