Krieket Namibië moet geriewe opknap voor Wêreldbeker 2027

Krieket Namibië se mede-aanbieding van die 2027 Internasionale Krieketraad se Wêreldbeker-toernooi kan ‘n massiewe impak op Namibië se ekonomie hê. Dit kan egter slegs bereik word as die land se krieket-geriewe betyds opgegradeer word volgens IKR-standaarde, volgens die voorsitter Greg Barclay tydens sy onlangse besoek aan Namibië. Die IKR het in 2021 aangekondig dat Namibië saam met die buurland Suid-Afrika en Zimbabwe in 2027 die IKR-Wêreldbeker vir mans sal aanbied. Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê om hierdie droom ‘n werklikheid te maak is op die oomblik hoog op hul agenda…