Nog twee renosters gestroop

Die karkasse van twee witrenosters is op ‘n private wildplaas noord van Okahandja in die Otjozondjupa-streek ontdek. Die Namibiese polisiemag se skakelbeampte vir gemeenskapsake in die streek, adjudant-offisier Olivia Haihambo, sê die karkasse is deur werkers op die plaas ontdek. Sy het bevestig dit horings is verwyder en daar word vermoed die stropery het moontlik tussen 3 en 6 Maart plaasgevind. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.