Riviervlakke in die verre noordooste daal, maar steeds gevaarlik

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê vlakke in die Zambezi-rivier begin daal al is die rivier steeds in vloed. By Katima Mulilo is die rivier tans op 5,15 meter en die rivier het reeds ver in die oostelike vloedvlaktes ingestoot. Maar, die diens waarsku ook dat reën in die opvangsgebied verwag word en die vlakke kan weer styg. Die Okavango-rivier by Rundu daal ook op die oomblik en is tans op 4,69 meter. Die efundja-waters daal ook behalwe by die Okandjengedi-brug waar dit net bo 2 meter is.