SAPD het in twee jaar nie ‘n enkele kwekeling gewerf nie

Die DA doen ‘n beroep op die minister van Polisie, Bheki Cele, om dringend ‘n aksieplan te verskaf vir die werwing van polisiekwekelinge. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens onthul het geen nuwe kwekelinge is tussen 2020 en 2021 gewerf nie en tussen 2020 en verlede jaar het 11 178 lede die diens verlaat. ‘n DA-woordvoerder, Okkie Terblanche, sê dis ‘n skokkende onthulling van hoe ver agter die polisie is in hulle stryd teen misdaad: