Sassa personeel staak

Die DA sê die personeel in kantore van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid in Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Kaap het begin met ‘n staking. Dit is blykbaar weens diep ingewortelde kwessies, wat dienslewering aan kwesbare Suid-Afrikaners verder belemmer. Die DA-lid, Bridget Masango, sê dis tyd dat die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, beheer oor haar departement en SASSA neem en vir eens en altyd die ingewortelde chaos uitsorteer: