Covid-gevalle is steeds baie laag in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het die jongste Covid-syfers vir die week van 27 Februarie tot 5 Maart bekend gemaak. Daar is 26 nuwe gevalle uit 421 toetse bevestig wat ‘n positiewe koers van 6,2 persent verteenwoordig. Erongo en Karas het die meeste gevalle, 19, aangemeld. Die ministerie sê die tempo van toetse het afgeneem. Totale aktiewe gevalle staan op 54. In die week voor die huidige periode, is 24 nuwe infeksies bevestig met ‘n positiewe koers van 4 persent. Dit het effe toegeneem. Daar is een pasiënt wat in die hospitaal is.