Kandjeke lewer verdoemende verslag oor jeugopleiding

‘n Ouditverslag deur die ouditeur-generaal Junias Kandjeke toon dat jeug opleidingsentrums in die land uitmekaar val. Kandjeke het ‘n verslag oor jeug werkloosheid voorberei vir drie boekjare, van 2018 tot 2021. Jeug werkloosheid beslaan op die oomblik 57 persent van die amper 34 persent Namibiërs wat werkloos is. Hy het in diepte gekyk na jeugopleiding sowel as opleidingsmateriaal, studiemateriaal, toerusting en instandhouding. Hy het bevind dat talle van die sentrums ‘n veiligheidsrisiko is en dat daar geen standaard kurrikulums of handleidings vir opleiding is, in enige van die sentrums nie. Hy sê verder daar is geen beheermaatreëls deur die ministerie van jeug en sport ingestel om opleidingsmateriaal se tydige aflewering te beheer nie en ook geen stelsel vir opknappings- of instandhoudingswerk nie. Boekhouding van die sentrums is ook nie op datum nie.