Kapitalistiese stelsel werk nie, SA se ekonomie bly krimp

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê nuwe statistiek oor die Bruto Binnelanse Produk bewys die Suid-Afrikaanse kapitalistiese ekonomie is weereens ‘n algehele teleurstelling vir die armes en die meerderheid werkers. Die land se ekonomie het in die vierde kwartaal met 1,3 persent gekrimp. Dis baie ernstiger as wat ekonome verwag het. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê die ekonomie word steeds deur die Minerale-Energie Kompleks en die finansiële sektor gedomineer: