LIV het PGA gedwing om aanpassings te maak wat spelers bevoordeel

Die wêreld se nommer-drie, Rory McIlroy, het erken die totstandkoming van die Saoedi-gesteunde LIV Golf het die die PGA-toer gedwing om veranderings te maak wat spelers sal bevoordeel. Die LIV-kontingent, wat verlede jaar se wenner en ope kampioen, Cameron Smith insluit, is nie deel van die 144 spelers wat die week by die PGA-toer se vlagskiptoernooi, by Sawgrass in Florida afslaan nie. McIlroy sê die PGA-toer ding nie net mee teen LIV Golf of ander sportsoorte nie; maar ook teen Instagram, TikTok en alles en nog wat: