De Lille moet visumstelsel verbeter – DA

Die Stad Kaapstad het aan die nuwe minister van toerisme, Patricia de Lille, geskryf en haar aangemoedig om spoedig met ‘n verbeterde visumstelsel vorendag te kom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê goedkeuring vir ‘n visum met spesifieke beperkings vir ‘n afstandwerker, vra bloot dat die nasionale regering in die Immigrasiewet voorsiening maak vir ‘n tydperk langer as drie maande. Hy sê Kaapstad is reeds ‘n gewilde plek vir digitale rondtrekkers: