SA-verkiesingskommissie vry na studente se stem

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika het amptelik sy jaarlikse studente-geteikende demokrasie-veldtog van stapel gestuur. Die doel is om jeugdige burgers by tersiêre instellings op te voed oor hul burgerlike en demokratiese regte en verantwoordelikhede. Die OVK hoop ook om die veldtog te gebruik as ‘n manier om studente te bemagtig om deel te neem. Verlede jaar was die veldtog in Johannesburg. Hierdie jaar was die ondervoorsitter van die OVK, Janet Love, en ander amptenare by die Rhodes Universiteit in Makhanda in die Oos-Kaap: