Japan se ruimteprogram lê in stukkies

Japan se ruimteprogram het ‘n reuse finansiële verlies gely toe ‘n splinternuwe vuurpyl kort ná lansering vernietig moes word. Die ruimte-agentskap moes binne 14 minute ná lansering ‘n selfvernietigingsopdrag na die H3-vuurpyl stuur, toe die begin van die tweede fase van die reis misluk het. Internasionale nuusagentskappe berig die vuurpyl was deel van die Asiatiese land se eerste nuwe reeks in meer as twee dekades wat sowat 27 miljard Namibiese dollar gekos het om te ontwikkel. Ruimtekenners sê die mislukking sal ‘n ernstige invloed hê op Japan se toekomstige mededingendheid in die ruimte.