Optog vandag teen wetsontwerp oor huishoudelike geweld

Equal Namibia hou vanoggend ‘n optog teen die Huishoudelike Geweld-wetsontwerp. Die wetgewing, wat mense teen geweld in verhoudings beskerm, erken nie paartjies van dieselfde geslag nie en dus, het hul geen reg tot beskerming onder die wetgewing nie. Omar van Reenen van Equal Namibia sê burgerlike samelewings-organisasies sal ook by hulle aansluit. ‘n Petisie sal oorhandig word aan die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu. Die groep kom om nou, om agt-uur, by die Zoo-park in Onafhanklikheidsrylaan bymekaar en sal vandaar na die Tintenpalast opruk.