Kommer oor Amerika en China se verhouding

Amerika moet sy “verwronge” houding teenoor China verander of “konflik en konfrontasie” sal volg, het China se minister van buitelandse sake, Qin Gang gesê. Hy het sy standpunt oor die oorlog in die Oekraïne verdedig en sy noue bande met Rusland by ‘n mediakonferensie in Beijing verdedig. Betrekkinge tussen die twee super-moondhede was jare lank gespanne oor ‘n aantal kwessies, insluitend Taiwan, handel en meer onlangs die oorlog in die Oekraïne. Dit het egter verlede maand vererger nadat die VSA ‘n ballon langs die Amerikaanse Ooskus afgeskiet het wat volgens hulle ‘n Chinese spioenasie-ballon was. Suid-Afrikaanse politieke kenner professor Andre Duvenhage sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom Rusland vir China belangrik is.  

Hy sê watter impak dit op Afrika het…