So sê Namibiese mans oor vroue

Internasionale Vrouedag word vandag herdenk. Die dag word toegewy aan die erkenning van vroue se prestasies, sowel as die bewusmaking van gelykheid. Die dag vier vroue en spreek kwessies aan soos vroue se gelyke regte, geweld en mishandeling teen vroue, en voortplantings-regte. Kosmos 94.1 Nuus het ons manlike luisteraars gepeil oor die belangrikheid van vroue in Namibië.