Reeksmoordenaars en parool in die soeklig

Vier veroordeelde Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars wil op parool vrygelaat word. Hulle was saam verantwoordelik vir die dood van meer as 100 mense. Christopher Zikode, Stewart Wilken, Cedric Maake en Lazarus Mazingane is voorheen parool geweier. Wilken, ook bekend as ‘Boetie Boer’, word beskryf as die gevaarlikste reeksmoordenaar, ‘n kannibaal wat mans, vroue en kinders vermoor en verkrag het. Die ondersoekende forensiese sielkundige, Gerard Labuschagne, sê dit is moeilik om reeksmoordenaars weer in die samelewing vry te laat: