Shikongo terug in die hospitaal

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo is weer opgeneem in die hospitaal. Volgens wat berig word is dit as gevolg van beserings wat hy in Desember verlede jaar tydens ‘n ongeluk van voor opgedoen het. Drie mense is in die ongeluk oorlede en druk neem toe op die mag om sy ondersoek te voltooi. Shikongo is ook nog nie aangekla, soos gebruiklik gedoen word nie.