Verskeie mense vas vir vergiftiging van Iranse skoolmeisies

Iranse amptenare het bevestig verskeie mense is in vyf provinsies aangekeer in verband met ‘n vlaag van vermeende vergiftiging van skoolmeisies wat die land getref het. Die inhegtenisnemings gaan gepaard met die regering wat uitvaar teen kritiek op sy optrede teen die vermeende aanvalle. Meer as ‘n duisend meisies van meer as 50 skole in 21 van Iran se 30 provinsies is sedert November verlede jaar vergiftig. Die Withuis se woordvoerder, Karine Jean-Pierre, sê die voortgesette vergiftiging van skoolmeisies in die land is onverskoonbaar: