Geslagsgeweld móét by polisie aangemeld word

‘n Namibiese geslags-aktivis sê geslagsgeweld moet by die Namibiese polisie aangemeld word. Sy het gereageer op die buurland se statistieke waar meer as 50 000 gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord jaarliks in Suid-Afrika aangemeld word. Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling sê bewusmakingsveldtogte moet van stapel gestuur word sodat slagoffers sulke gevalle by die polisie aanmeld. Geslagsaktivis Linda Baumann sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n geïntegreerde stelsel teen geslagsgeweld moet in Namibië implementeer word.