Twee Amerikaners wat in Mexiko ontvoer is, is dood

Twee van die vier Amerikaners wat Vrydag in die Mexikaanse noordelike grens-staat Tamaulipas ontvoer is, is dood. Die staats-goewerneur Americo Villarreal het vandag bevestig twee mans is dood, een persoon is beseer en die ander een leef. Die Amerikaners het pas die grens oorgesteek toe daar op hulle losgebrand is. Hulle is daarna in ‘n ander voertuig gedwing. Die drie Amerikaanse mans en een vrou het die grens oorgesteek en wou medisyne koop toe hulle in die kruisvuur van twee strydende gewapende groepe beland het. Een verdagte is in verband met hul ontvoering gearresteer. ‘n Mexikaanse burger is ook in die voorval doodgeskiet.