Omgewingsministerie: Geen leeuloop by Myl 4

Die Namibiese omgewingsministerie het vandag bevestig daar is geen feitelike grondslag op gerugte wat op sosiale media die rondte doen oor die teenwoordigheid van leeus by Myl 14 nie. Die ministerie sê die leeus word deurentyd gemonitor deur die nekbande waarmee hulle toegerus is en hulle is nie in dié gebied opgemerk nie. Die ministerie doen egter ‘n beroep op die publiek en toeriste in die gebied om waaksaam en versigtig te wees. Enigiemand wat dalk die woestynaangepaste leeus opgemerk het, kan die ministerie se Swakopmund-kantoor kontak.