Energiekenner: Red SA uit kragkrisis

Met beurtkrag wat die groot sondaar is, wat Suid-Afrika se ekonomie in die vierde kwartaal van 2022 ‘n hewige knou toegedien het, lê daar ‘n hewige taak vir die land se nuwe elektrisiteitsminister voor om die kragkrisis so vinnig as moontlik op te los. Energie-kenner, professor Mark Swilling, sê dat minister Kgosientsho Ramokgopa ‘n enorme taak het wat hom inwag. Swilling sê een van die eerste dinge waarop Ramokgopa nou op moet fokus is om so gou as moontlik ‘n toegewyde span aan te stel om die land uit die energie-krisis te red. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad…