Namibiese en SA staatsamptenare vergader in Windhoek

Suid-Afrika is volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin van Januarie Namibië se grootste handelsvennoot wat invoere en uitvoere betref. Namibiese en Suid-Afrikaanse senior amptenare kom tot Donderdag in Windhoek byeen vir die Senior Amptenare-vergadering van die Derde Sessie van die Namibië-Suid-Afrika Bi-Nasionale Kommissie. Die doel van die vergadering is om samewerking op ‘n wye verskeidenheid gebiede te hersien en om voor te berei vir die komende ministeriële en presidensiële vergaderings. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge, Penda Naanda, lei die Namibiese afvaardiging. Namibiese politieke kenner dr. Ndumba Kamwanya sê aan Kosmos 94.1 Nuus gepraat wat gewoonlik tydens sulke vergaderings bespreek word.