PDM-hoofsweep vra hoe werklose jeug vir lenings kan kwalifiseer

Die amptelike opposisieparty se hoofsweep Elma Dienda van die PDM het vandag in die Nasionale Vergadering aan die ministers van finansies en landbou gevra oor die lenings wat Agribank en die Ontwikkelingsbank aan vroue en jeug gee. Agribank het 25,6 miljoen Namibiese dollar opsy gesit wat vir vroue en jeug in die landbou geoormerk is. Dienda is bekommerd of die jeug sal kwalifiseer. Sy vra hoe jong werklose Namibiërs sekuriteit vir banklenings kan gee.