Japan skenk voedselkoepons aan 21 000 Namibiërs in drie streke

Die oorlog in die Oekraïne het gelei tot stygende voedsel- en kommoditeitspryse, wat toegang tot voedsel deur kwesbare gemeenskappe in Namibië beïnvloed. Meer as 60 persent van Namibië se voedsel word jaarliks ingevoer. Die Wêreldvoedsel-program in samewerking met die regering van Japan, het ‘n voedselkoepon-program by Tsintsabis in die Oshikoto-streek van stapel gestuur. Japan se bydrae sal meer as 21 000 mense in die drie streke van Omaheke, Kunene en Oshikoto ondersteun. Dit sluit 3 700 ondervoede kinders onder die ouderdom van vyf jaar in. Elke gesin sal teen 31 Maart ‘n voedselkoepon van sowat  850 Namibiese dollar per maand vir drie siklusse ontvang.