Staking kortwiek gesondheidsdienste

Die departement van gesondheid het bevestig verskeie gesondheidsinstellings in Gauteng word steeds gekortwiek deur die staking deur lede van die vakbond, Nehawu. Die departement se hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, waarsku betogers versper die ingang na verskeie gesondheids-instellings. Volgens hom is ambulansdienste ook geraak aangesien hulle nie op oproepe kan reageer of pasiënte na sommige hospitale kan vervoer nie.