Paartjie tjoekie toe oor diefstal van 45 bottels peperduur wyn

‘n Paartjie wat 45 bottels wyn ter waarde van ongeveer 1,6 miljoen euro in Spanje gesteel het, is vier jaar tronkstraf opgelê. Die diefstal het in 2021 in ‘n luukse hotel in die Spaanse stad Caceres plaasgevind terwyl die paartjie gaste by die hotel was. Die paartjie het gevlug en ‘n internasionale soektog is na die ontdekking van die diefstal van stapel gestuur. Die 29-jarige voormalige Mexikaanse skoonheidskoninging Priscila Guevara en die 47-jarige Constantin Dumitru is nege maande later by die grens tussen Kroasië en Montenegro in hegtenis geneem en na Spanje teruggeneem. Die wyn is egter nooit gevind nie. Een van die bottels wyn was 217 jaar oud en 350 000 euro werd en die paartjie moet skadevergoeding betaal.