Optog na parlement teen Wet op Gesinsgeweld

Namibië se Equal Rights Movement gaan môre ‘n optog hou teen die Wet op Gesinsgeweld. Die Nasionale Vergadering het verlede jaar die Wysigingswetsontwerp op die Bekamping van Gesinsgeweld van 2003 goedgekeur om geslagsgeweld, veral teenoor vroue en kinders, te voorkom. Die beweging meen selfdegeslag-paartjies van die LGBTQ-gemeenskap word nie in dié wet beskerm nie. Die groep sal môreoggend om agt-uur by die Zoo Park byeenkom en daarna hul petisie aan die parlement oorhandig. Stigter van die beweging, Omar van Reenen sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle gaan betoog teen ongelyke beskerming.