Vier Amerikaners in Mexiko ontvoer

‘n Soektog is begin nadat vier Amerikaners in die Mexikaanse grensstaat Matamoros in di edeelstaat Tamaulipas ontvoer is. Die Amerikaners het in ‘n wit minibussie met Noord-Carolina-nommerplate gery en pas die grens oorgesteek toe daar op hulle losgebrand is. Hulle is daarna in ‘n ander voertuig gedwing. Die Amerikaanse owerhede het bevestig dat ‘n Mexikaanse burger in die skietery dood is. Die groep het die grens oorgesteek en wou medisyne koop toe hulle in die kruisvuur van twee strydende gewapende groepe beland het.