Infrastruktuur in Namibiese nasionale parke uitgebrei

Die Amerikaanse hulp-organisasie USAID gee ondersteuning aan die Namibiese omgewingsministerie om wildmisdaad te bekamp en toerisme-infrastruktuur in nasionale parke en bewaringsgebiede te ontwikkel. Die vennootskap beklemtoon die reuse-rol wat toerisme speel in die ondersteuning van omgewingsbewaring. Die direkteur van natuurlewe en nasionale parke in die ministerie, Bennett Kahuure, sê daar is tans groot infrastruktuur-ontwikkeling in nasionale parke en bewaringsgebiede aan die gang is.