SA se BBP krimp in vierde kwartaal van 2022

Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het in die vierde kwartaal met 1,3 persent gekrimp nadat dit in die derde kwartaal van 2022 herstel getoon het. Statistieke SA sê groei is hoofsaaklik negatief geraak deur finansies, handel, mynbou, landbou, vervaardiging en algemene regeringsdienste. Beurtkrag bly die hoofrede vir die afname. Landbou het ‘n afname van 3,3 persent aangeteken, die grootste inkrimping in die kwartaal. Die ekonomie het met slegs 0,3 persent gegroei vanaf die 2019 voor-pandemie-lesing van 4,58 duisend miljard Suid-Afrikaanse rand. Dit is steeds minder as die 3,5 persent toename in die land se bevolking in dieselfde tydperk.