Tropiese storm Freddy terug in Madagaskar

Die tropiese storm, Freddy, het vir die tweede keer na Madagaskar teruggekeer en vier mense is dood. Onder die slagoffers is twee jong kinders. Die Nasionale Risiko-bestuurskantoor van Madagaskar sê die storm se terugkeer het 15 000 mense geraak en bykans 11 000 dakloos gelaat. Die hoof-voorspeller van Meteo Madagaskar, Rivo Randrianarison, beskryf die terugkeer as ‘n seldsame verskynsel. Minstens 11 mense is in Madagaskar dood sedert Freddy laat Februarie die eerste keer die eiland bereik het.