Drie renosterkarkasse ontdek

Kommer heers oor renosterstroping-sindikate in Namibië wat na bewering gestroopte renosters se ore afsny sodat hulle nie geïdentifiseer word nie. Namibiese polisiebeamptes is besig om hierdie voorvalle te ondersoek waartydens twee swartrenosters in die Otjozondjupa-strook gestroop en hul horings verwyder is. Hul karkasse is onlangs ontdek. Intussen is nóg ‘n renoster Sondag in die Otjozundjupa-streek gestroop en die horings deur stropers verwyder.