Rugby: Stormers-afrigter trots op sy wenspan

Rugby: Die Stormers is vir die tweede agtereenvolgende jaar amptelik as vanjaar se SA Skild-kampioene  in die Verenigde Rugbykam-pioenskap gekroon nadat hulle die Sharks die naweek in Kaapstad geklop het. Die verdedigende toernooi-kampioene was hierdie seisoen onoorwonne teen Suid-Afrikaanse spanne en het tuis- en wegwedstryde teen die Sharks, Bulls en Lions gewen. Hul hoofafrigter, John Dobson, sê dit is iets waarop hulle regtig trots is.