Namibiese pluimvee-boere verlaag produksie  

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het oor die tydperk drie jaar gegroei tot ‘n nywerheid van 59 miljard Suid-Afrikaanse rand, maar hoe vaar dié sektor in Namibië? Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging is 1,8 miljard Suid-Afrikaanse rand in 2022 belê in groei, wat die oorspronklike beplande 1,5 miljard rand oorskry het. Die bedryf het ook geslaag om tussen 2019 en 2022 1 600 nuwe geleenthede te skep, tog word talle uitdagings ervaar. Die landbou-ekonoom van die Namibiese Pluimveeprodusente-vereniging, Bertha Ijambo sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die plaaslike mark gevaar het.