Dringende debat in NV oor gryslys gevra

Parlementslede in die buurland gaan debat voer oor die Finansiële Aksie-taakspan se besluit om Suid-Afrika op die gryslys te plaas. Die internasionale waghond teen geldwassery het dit gedoen omdat die land nie voldoen aan die wêreld-standaarde om finansiële misdade te bekamp nie. Sedert die besluit het die DA die speaker van die Nasionale Vergadering vir ‘n dringende debat gevra. Die party wil hê LP’s moet besluit wat gedoen moet word om die land van die lys af te kry. Die versoek is toegestaan, maar ‘n datum is nog nie bepaal nie.