Krieket SA kies spanne teen Windies

Krieket Suid-Afrika het die spanne aangekondig vir beperkte boulbeurt-wedstryde teen die Wes-Indiese eilande wat later vandeesmaand plaasvind. Aiden Markram wat die Sunrisers Eastern Cape aangevoer het om hul SA20 titel in te palm, is aangestel as nuwe kaptein van die T20 span. Die toetskaptein, Themba Bavuma is egter nie in die T20 span ingesluit nie.